RIS – dit is mos Raslouw InterSkaak!

Vandag het die heel eerste Raslouw InterSkaak toernooi vir Senior Primêre spelers plaasgevind en dit was ‘n heerlike middag! Spelers was hoofsaaklik uit drie skole afkomstig: Laerskool Raslouw, Centurion Christelike Laerskool en Laerskool Swartkops. Die kompetisie was straf en die druk was hoog maar steeds het almal dit geniet!

Op die ou end kan daar net een wenner wees en Tiaan Kunneke van Laerskool Raslouw het as wenner uit die stryd getree! Baie dankie aan almal wat gehelp reël het en wat as arbiters opgetree het – hierdie is die eerste van baie soortgelyke toernooie!

Ons speel mos skaak omdat ons weet hoe…