As ons speel, dan speel ons lekker as gesin saam!

Die afgelope Saterdag het ons gesinne bymekaar gekom en lekker krieket gespeel! Spanne is ingedeel en die kompetisie was straf… Pa’s kan mos beslis nie by hulle seuns afsteek nie.

Die formaat wat gebruik is, is soortgelyk aan aksiekrieket: Elke paar kolf vier boulbeurte en drie lopies word afgetrek vir elke paaltjie wat val. Die blou span het eerste gekolf en ‘n stywe lopies behaal – onthou, paaltjies word nie aangedui nie omdat dit -3 lopies tel. Daarna het die oranje span gekolf maar die spannetjie het van die begin af gesukkel en kon op die ou end slegs 58 lopies aanteken.

Op individuele vlak het ‘n pa, Pieter van Emmenis, die hoogste telling opgestel met ‘n totaal van 44 terwyl Tiaan Kunneke die beste boulontleding behaal het met 5/27 in vier beurte. Tiaan is ongelukkig in sy laaste boulbeurt bietjie rondgeslaan, anders was sy syfers nog beter!

Die braai daarna het natuurlik opgemaak vir alles en die lekker kuier het onmiddelik die kompetisiegees vervang. Een van die dae maak ons weer so!

Kliek hier om meer foto’s van die dag te sien en selfs af te laai vir eie gebruik.