Opedag: Laerskool Raslouw op 23 Augustus 2017

Op 23 Augustus hou ons weer opedag! Kom loer gerus in hoekom dit noodsaaklik is dat jy nog ‘n keer dink in watter skool jou kind moet wees.

  • Kleiner klasse beteken baie persoonlike aandag,
  • Ons werk saam as familie,
  • Ons is volledig skool:
    • Redenaars, koor, klasmusiek, dans en baie meer,
    • Atletiek, skaak, krieket, boogskiet en steeds nog meer!
  • Ons ouers is deel van die skool deur Raakvat Ouers – ons is sommer baie lief vir hulle!
  • Uitstekende akademiese aanbieding wat inskakel by dit wat die staatskole doen, maar tegelykertyd die kinders voorberei op wat voorlê by Hoërskool Raslouw waar die internasionaal erkende kurrikulum van Cambridge International Examinations gedoen word.

Kom loer in, ons is gereed vir jou en jou kind!

Meer besonderhede by Adri Peenz, Laerskoolhoof vir Akademie en Kultuur.