Boogskiet se eerste Gauteng-kampioenskappe


Die afgelope Saterdag het ons skutters die eerste keer aan ‘n provinsiale byeenkoms deelgeneem en baie goed gevaar! Dit was beslis die hoogtepunt op ons eerste jaar wat ons aan kompetisies deelneem wat onder die vaandel van die National Archery in Schools Programme (NASP) plaasvind en ons het besondere vordering getoon.

Die afgelope Saterdag het tien hoërskoolskuts deelgeneem en ses van hulle het ‘n persoonlike beste prestasie behaal. Die agt laerskoolskuts wat deelgeneem het, het drie ‘n persoonlike beste behaal. Dit spreek van besondere deursettingsvermoë.

Ons interne kompetisie bestaan uit drie liga’s: Wit is vir ons beginners en skutters word na die Blou-liga bevorder sodra hulle 210 by ‘n kompetisie behaal het. Sou ‘n skutter 260 by ‘n kompetisie behaal, word hy/sy bevorder na ons prestige-liga: Die Oranje-liga. Voor Saterdag was daar net een skutter in die liga.

Hier is die wenners:

Liga Laerskool Hoërskool
Wit Francois Venter – 209 Christiaan Buys – 214 (promoveer na Blou)
Blou Sonnika van der Dussen – 244 Fielde Kruger – 266 (promoveer na Oranje)
Oranje Nishke Basson – 256 Geen

Baie geluk aan almal! Sewe van ons ouers het die heel eerste keer aan die Adult Archery Group (AAG) van die kompetisie deelgeneem en dadelik sommer ‘n stewige impak gehad – dit ten spyte van die feit dat meeste nog net een amptelike oefening, of selfs geen, bygewoon het. Ons sien uit wat hier gaan gebeur!

Ons volgende kompetisie is die NASP-Copwatch Centurion-liga by Hoërskool Zwartkop op 2 September 2017. Sien almal daar!