Musiekpret!

Dit was sommer ‘n heerlike aand en die ouers het die behoorlik geniet! Ons almal kyk mos Noot vir Noot op die TV en ken dan al die leidrade – die keer kon almal kyk of hulle werklik die musiek so goed ken as wat hulle dink…

Die Raakvat Ouers het gesorg vir pragtige tafels en heerlike kos – dit was voorwaar uit die boonste rakke!

Die gehoor het duidelik die aand besonder baie geniet en die hoërskoolstudente – ons kelners vir die aand – het hulle vergaap aan almal se lawwigheid. Aan die einde van die aan was juf Janika se tafel die wenners – na ‘n baie spannende eindrondte!

Op die ou end was almal ‘n wenner: Goeie geselskap, goeie vermaak, goeie kos en lekker kuier. Wat kan dan beter?

Volgende jaar maak ons beslis weer so!