Dis heerlike lente!

Die lenteprins en -prinses is ook baie fraai!
Ons lentekoning en -koningin lyk darem maar baie vrolik!

Die Winter is verby! En watter heerlike Lentedag was dit nou by Laerskool Raslouw op Vrydag, 1 September. Oorspronklike hoede en kleurvolle uitrustings het bygedra tot ‘n atmosfeer van feesviering. Die leerlinge het hul skeppings vertoon op die maat van musiek en selfs die onderwysers het op die verhoog verskyn en ‘n kanon van ‘Dis heerlike lente’ gelei. Pret en plesier was aan die orde van die dag.

Eljone Smit en Ian Rautenbach was gekies as Lenteprins en -prinsessie en Lentekoning en -koningin was Mia van der Heever en Dawid Lewis, alhoewel al die leerlinge lieflik gelyk het in die gees van lente. En om die dag nog lekkerder te maak, het die Graad vier en ses leerlinge interessanthede en smaakvolle happies verkoop as deel van hul entrepeneursdag. Na so ‘n lekker dag en met somer nou om die draai, sien ons al klaar uit na volgende jaar se Lentedag!

Hier is nog ‘n paar foto’s van die heerlike dag!