Boogskiet: Ons eerste spanmedaljes!

Die afgelope Saterdag het die tweede been van hierdie jaar se NASP-Copwatch Centurion liga in boogskiet by Hoërskool Zwartkop plaasgevind. Dit was ‘n dag vol deurbrake en ons skuts het behoorlik hulle man gestaan! Kom ons kyk na ‘n paar hoogtepunte:

  • Nishke Basson (graad 5) het die goue medalje vir individuele junior dogterskuts verower,
  • Ons senior span (die twaalf beste punte word saamgevoeg) het die brons medalje in die spankompetisie verower, al was dit met die hulp van ‘n paar juniors (sien foto hierbo),
  • Ons ouers se span het ook die bronsmedalje verower!

Daar was nog twee skuts wat baie naby aan individuele medaljes was…

Nadat ons maar stadig begin het, het die boogskietgogga nou die skool behoorlik beet en ons resultate verbeter met elke kompetisie! Intussen geniet kinders en ouers die heerlike sport bring ons in kontak met nuwe vriende.

Nishke gaan in Oktober aan die ope afdeling van die NASP Nasionale Kampioenskappe deelneem en ons wens haar sterkte toe met die wonderlike geleenheid! Hou gerus hierdie spasie dop…