Hier is hulle: Laerskool Raslouw se leerlingraad vir 2018!

Almal wonder al vir weke, stemme is uitgebring en die koors het hoog geloop! Uiteindelik, die name van Laerskool Raslouw se leerlingraad vir 2018 is bekend! Op die foto hierbo is dit (vlnr): Jani Schaap, Anais Lourens, Dawid Lewis, Christiaan de Beer, Andri-Marié Buys (hoofdogter), juf Adri, Charnie Theron, Lana Oschger, Christopher Maré, Günther Berndt en Tanyce Naudé. Dit is sommer ‘n baie sterk span en ons is reeds baie trots op hulle.

Tydens die bekendstelling het die leerlingraad die spreekwoordelike fakkel aan die nuwe leerlingraad oorhandig en daarom het die nuwe leiers nou ook nuwe leiersdrag: Die fakkel in ons wapen is uitgehaal om aan te toon dat ons leiers vir ons die pad vorentoe wys – en dit maak dat hulle uitstaan op die skoolterrein!

Baie geluk julle, ons sien uit na die nuwe jaar!