NASP Hoërskool en Laerskool Raslouw Interskole kompetisie: Boogskiet op sy beste!

Die tweede NASP Hoërskool en Laerskool Raslouw Interskole Boogskietkompetisie vind eerskomde Saterdag, 28 Julie 2018, plaas. Soos gewoonlik is dinge groot met meer as 300 skuts van meer as 40 skole wat ingeskryf het vir die kompetisie, dus is die dag vol en gaan daar geen gebrek aan aksie wees nie!

Die skuts kom van heinde en verre: Natuurlik ń hele klomp uit Centurion. Dan is daar Bronkhorstspruit, Germiston, Roodepoort, Randfontein, Kriel, Johannesburg en waar nog oral! Dit is darem baie lekker om mense so van oral by jou te kan verwelkom.

Hierdie kompetisie is die laaste geleentheid vir Gauteng se skuts om hulle vaardighede by ń kompetisie te slyp voor hulle op 4 Augustus 2018 by Hoërskool Eldoraigne saamtrek vir die Gauteng-kampioenskappe. Moet dus nie die erns van hierdie kompetisie onderskat nie, dit word baie ernstig benader!

Hou gerus hierdie spasie dop, Maandag publiseer ons die uitslae.