Boogskiet is lekker: Uitslae van die NASP Hoërskool & Laerskool Raslouw Interskole kompetisie

Na al die opgewondenheid is die kompetisie verby – en wat ń lekker kompetisie was dit nie! – en al wat oorbly is die uitslae. Die uitslae is reeds by die prysuitdeling na afloop van die kompetisie bekend gemaak, maar hier is dit nou:

(Kliek op die opskrif vir die volledige uitslae of kliek op hierdie skakel vir foto’s van die dag!)

Spankompetisie: Laerskole

  1. Wierda Independent School (WJA) met 2809 punte.
  2. Laerskool Elspark (LEPA) met 2642 punte.
  3. Laerskool Elspark (LEPB) met 2133 punte.

Individueel: Laerskool meisies

  1. Busi Paul (Wierda Independent School) met 280 punte (16 tiens).
  2. Clarissa Vermaak (Wierda Independent School) met 280 punte (14 tiens).
  3. Deanay Esterhuizen (Laerskool Randfontein) met 270 punte.

Individueel: Laerskool seuns

  1. Keagan Randle (Wierda Independent School) met 283 punte.
  2. Herman Grobler (Laerskool Hennopspark) met 279 punte.
  3. Fanie Becker (Laerskool Randfontein) met 271 punte.

Spankompetisie: Hoërskole

  1. Hoërskool Zwartkop met 3241 punte.
  2. Hoërskool Riebeeckrand met 3156 punte.
  3. Wierda Independent School met 3138 punte.

Individueel: Hoërskool meisies

  1. Janell Rossouw (Hoërskool Riebeeckrand) met 283 punte.
  2. Marichelle Botha (Hoërskool Centurion) met 279 punte.
  3. Juanita van den Berg (Hoërskool Generaal Hertzog) met 278 punte.

Individueel: Hoërskool seuns

  1. Loutjie Jacobs (Hoërskool Oosterlig) met 288 punte (20 tiens).
  2. Dries Cornelius (Hoërskool Zwartkop) met 288 punte (19 tiens).
  3. Jacques de la Rouvier (Hoërskool Riebeeckrand) met 284 punte.

Die AAG staan vir Adult Archery Group en hulle uitslae is as volg:

AAG: Spankompetisie

  1. Wierda Wonders met 1643 punte.
  2. Inyathi Steers met 1625 punte.
  3. CBK Jolly Robins met 1594 punte.

Onthou dat AAG Spanne uit net ses lede bestaan, skoolspanne bestaan uit twaalf lede!

AAG: Dames

  1. Lindry Hanekom (CBK Jolly Robins) met 285 punte.
  2. Retha Jacobs (Wierda Wonders) met 276 punte (14 tiens).
  3. Lehonie Anthonissen (CBK Jolly Robins) met 276 punte (12 tiens).

AAG: Mans

  1. Jurgens Becker (Inyathi Steers) met 290 punte.
  2. Rikes Strauss (Wierda Wonders) met 287 punte.
  3. Renier Albers (Inyathi Steers) met met 277 punte.

Wat Hoërskool en Laerskool Raslouw se skuts betref: Ons skuts is op die punt om deur te breek en medaljes te wen. Week na week skuif die tellings op en een van die dae is ons ook in die uitgelese geselskap! Dit is nou maar die tweede jaar wat ons aktief aan NASP se boogskietkompetisies deelneem en dit neem etlike jare om ń uitmuntende skut te kweek.

Individuele tellings by Hoërskool Raslouw was as volg:

  1. Waldo Kriel met 269 punte.
  2. Pieter van der Dussen met 267 punte.
  3. Sonnika van der Dussen (10 tiens) en Christiaan Buys (8 tiens) met 264 punte.

Individuele tellings by Laerskool Raslouw was as volg:

  1. Jani Schaap met 257 punte.
  2. Tanyce Naudé met 239 punte.
  3. Andri-Marié Buys met met 235 punte.

Die volgende skuts het ń persoonlike beste behaal of vir die eerste keer geskiet:
Hoërskool Raslouw: Waldo Kriel, Pieter van der Dussen, Christiaan Buys, Conrad Claassen en Samantha Schultz.
Laerskool Raslouw: Jani Schaap, Tanyce Naudé, Jordan Page, Eliška de Ridder, Jaco van Niekerk en Mia van den Heever.

Baie geluk aan almal! Dit was ń wonderlike dag en ons het dit almal baie geniet.