Die dag toe die skaap kom kuier het… Ja, regtig!

Ek is nog besig om heel rustig vir die graad 8-Biologieklas te verduidelik hoe gaswisseling in plante se blare werk toe een skree: “Wat maak die skaap hier?” Wel, dit was die einde van die les want almal storm na buite om te gaan kyk! ń Skaap? Ja, ń skaap…

Almal storm agter die skaap aan en langs die pad sluit nog ń paar kinders hulle by die storie aan. Dit kan mos nie so moeilik wees om die skaap te vang nie? Ons moet hom net in die hoek van die sportveld vaskeer! Wel, die resultaat van die poging is op die video 🙂

Die skaap ontwyk almal en is toe weer by die hek uit. Waarheen? Seker maar waar hy vandaan gekom het. Nou ja, soms gebeur snaakse dinge by die skool!

Groete
mnr Pieter