NASP/Copwatch Centurionliga vir boogskiet – dis mos nou lekker!


Die afgelope naweek het die NASP/Copwatch Centurionliga vir Boogskiet by ons skool plaasgevind. Dit is, net soos ander kere, ń groot lekkerte op die jaarlike boogskietkalender en ons skuts en spanne het uitstekend gevaar! Kom ons kyk gou na die resultate:

  • Jani Schaap (graad 6) wen die dogtersafdeling vir laerskole.
  • Sonnika van der Dussen (graad 8) kom tweede in die dogtersafdeling vir hoërskole.
  • Die laerskoolspan verower die goue medaljes in die spanafdeling.
  • Die hoërskoolspan verower die bronsmedaljes in die spanafdeling.
  • Laastens verower Willie Vrey, een van die pa’s in ons skool, die goue medalje in die mansafdeling!

Sjoe, wat ń heerlike naweek! Baie geluk aan almal wat deelgeneem het en baie geluk aan almal wat besondere prestasies behaal het. Geniet die lekkerte daarvan!