

Uiteindelik het die dag van lente vir die Ratels aangebreek… Almal dink, gesels en werk reeds die hele week aan die spesiale lentehoed wat elke kind self moes maak om die Lentebeeld oorspronklik uit te beeld. So kan elkeen van klein tot groot die uitrusting ten toon stel vir die hele skool.
Op die verhoog kry elkeen ‘n spreekbeurt. Glo my… daar is geen sprake van stage fright nie. Ons het werklik oulike kinders! Almal ontvang ‘n prys. Daar word wel nog ‘n paar pryse gegee, aan kinders met oorspronklike hoede, in elke fase:
Kleuters en Juniors:
Seniors:
Ons staan tog ‘n bietjie tyd af aan die akademie en ‘n fondinsameling:
Ons Spelolimpiade vind ook vandag plaas. Daarvoor ons dank aan die ouers wat die projek ondersteun asook die kinders wat so hard geleer het!
Nouja ‘n gesonde fikse liggaam moet die flinke denke ondersteun: Daarom het meneer Charles vir ons ‘n Lente-pretloop roete uitgewerk, in-en-om ons skoolterrein. Elke Ratel (kinders en onnies) het met gemak die roete met vernuf aangepak. Na voltooiing het die snoepie-juffrou darem ‘n roomys-lafenis aangebied.
Maar dis nie al nie!
Gesinne in ons skool het bome, blomme en struike aan die skool geskenk en van die ouers het self saam met hul kinders kom plant. Elke kind het hier bygedra om n gaatjie vir elke groenigheid te vind. Die terrein om die klaskamers vertoon te fraai en kleurvol. Die lentegees vier hoogty in die Ratelgeledere!
Dis lekker om deel te wees van hierdie plesierige dag. Die Ratelbestuur dank elkeen wat die dag kon meemaak, in vlees en gees.
NS: Al die onnies het heerlik saam gespeel, maar ook heerlike foto’s geneem! Kliek hier om al die foto’s te sien.
![]() |
![]() |