Graad 5 tot 7 gaan kamp!


Ons graad 5 tot 7-groep het onlangs gaan kamp en dit was ń heerlike ervaring! Andri-Marié Buys, ons hoofleier, het soos volg daaroor verslag gedoen:

Kamp, kamp, kamp!

Op Dinsdag 25 September 2018 het die graad 5 tot 7-groep vertrek na Mighty Apies-kampterrein. Reeds in die kar het die pret begin! Daar aangekom het ons kamerindelings gekry en daar was vier kamers: Die Slakkies, Skilpaaie, Mambas en Krokodille.

Eers uitpak en toe ontdek Tiaan en Adriaan vir Japie die skapie! Braaf, maar baie versigtig, het die twee seuns in die kraal geklim. Adriaan het bietjie gesukkel want hy was maar skrikkerig maar Japie was dadelik verlief op Tiaan en kon kom nie uitlos nie. Japie moes maar agterbly want die groep is toe na die zip line.

By die zip line het ons almal eers ń paar keer heen en weer gehardloop want blykbaar kan kinders van ons ouderdom nie van lank na kort staan nie. Dit was egter die moeite werd, dit was sommer hope pret!

Na ete en ń laataand swem het die kampeerders maar gaan inkruip, môre wag ń nuwe dag. Almal het heerlik geslaap maar sake in die Slakkie-kamer was minder rustig: ń paar vingers het gejeuk vir pret met ń tandepastebuisie! Arme Joshua het nie so lekker geslaap as wat hy gehoop het nie en toe moes hy nog koud stort ook!

Die volgende dag het begin met ń heerlike, modderige hindernisbaan… en die res sal jy môre uitvind (inside joke).


Dankie Andri-Marié, ons kan nie wag vir die volgende aflewering nie!