Prysuitdeling 2018: Graad 1 tot 3

Baie geluk aan al ons kinders in graad 1 tot 3 wat so mooi presteer het! Dit was ń moeilike jaar vol dinge en tog het hulle en hulle juffrouens deurgedruk en wonderlike resultate behaal. Die lekker lokaal by LemonJack Studios het natuurlik gehelp om die aand net nog lekkerder te maak.

Dankie ook aan elke ouer wat hulle kinders deur alles ondersteun en aanmoedig. Nou vir die volgende stappie, veral met ons graad 3-klas wat nou aanbeweeg na ń nuwe fase. Ons weet dit sal daar ook sommer voor die wind gaan.

Verlekker julle in die wonderlike foto’s van die aand:

Om die foto’s vir eie gebruik af te laai, kliek hier.