ń Rustige dag by Laerskool Raslouw

Laerskool Raslouw het ń baie unieke karakter – dit was nog altyd so. Deur die loop van 21 jaar se skooldae was die belangrikste karaktereienskap rustigheid. Hierdie eienskap het die afgelope maande, tydens die Covid-19 grendeltyd, sy waarde gewys:

  • Toe ander skole nog wonder wat om te doen was Laerskool Raslouw gereed om vanaf die eerste dag aanlyn voort te gaan. Hoekom? Deur die loop van jare is Google Classroom in gebruik geneem sonder ń groot bohaai – want dit is mos goeie onderwys in vandag se wêreld.
  • Laerskool Raslouw is onafhanklik, ons neem ons eie besluite. Ons hoef nie te wag vir ń minister wat planne afkondig binne ń omgewing waar magtige vakbonde, en ander organisasies, skole gyselaar hou nie, ons kan doen wat reg is vir ons kinders.
  • Elke kind word steeds as individu raak gesien: Sy pyne en sy vrese, sy blydskap en sy vreugde – alles word gedeel binne ń familieverband.
  • Binne hierdie familie kan selfs gesinne verskillend benader word. Diegene met spesiale behoeftes word na hulle huis bedien terwyl die ander kinders in die klas is. Elkeen het sy plek!
  • Terwyl evaluering en assessering ń doel in die skooldag het, staar ons nie ons blind daarteen nie. Ons hoef nie taak op taak, toets op toets te hê nie, ons kan rustig voortgaan met die leerproses.

Laerskool Raslouw doen sy ding, rustig en kalm – dit is sy aard: gegrond op die Woord van God, gelowig vorentoe, vasberade rustig, getrou aan ons leuse: Skep u eie toekoms. ń Kind wat onder die omstandighede onderwys ontvang kan leer, want hy/sy is rustig. Kom deel in die rustigheid!

Indien jy meer wil weet, kliek hier om die vorm in te vul, ons sal jou kontak vir ń persoonlike aanlyngesprek.

Laastens: As Laerskool Raslouw dit vir jou kind kan doen, dink net wat Hoërskool Raslouw vir jou kind se akademiese loopbaan kan beteken.