Die vakansieprogram verloop heerlik!

Ons ouers werk hard en dan moet ons soms ‘n plan maak met ons kinders. By Laerskool Raslouw is die plan eenvoudig: Stuur hulle skool toe! Die kinders speel in alle geval so lekker dat hulle graag hierheen kom.

Kyk net na ‘n paar van hierdie foto’s – dit is duidelik dat daar groot pret by die skool is!