10 jaar lank ń Ratel – en nog nie uit nie!

Noudat die skooljaar verby is bly daar nog iets om af te handel: Drian Smit het pas sy tiende jaar as Ratel afgehandel! Drian het Januarie 2011 by Laerskool Raslouw aangesluit as ń klein kleuter en na tien jaar as Ratel is hy nou nie net oppad hoërskool toe nie, hy staan al sy nommer 10 skoene mooi vol! Ons het al genoeg gesien om te weet dat hier ń aangename en vrolike jong man oppad is – ons sien uit daarna!

Drian sluit volgende jaar aan by Hoërskool Raslouw en, so van skoene gepraat, wonder die onnies daar reeds of hy dalk Conrad Claassen se nommer 13s gaan ewenaar! Die pad vorentoe is blink en vasbyt was nog altyd ń belangrike deel van die resep. Welgedaan Drian, ons is trots op jou!