Ons skoollied

Ons skoollied is amptelik in gebruik geneem in 2009 tydens die desiMAAL-geleentheid – die feesbanket ter herdenking aan die tiende bestaansjaar van die skool. Hier is die woorde:

1.

In die lig van die fakkel wat kom uit die Woord,
met die baken van Voortrekker stap ons steeds voort,
Deur kennis en wysheid kry ons weer mag;
staan ons weer op in ‘n nuwe dag.

Refrein:

Laat ons bid, laat ons glo, laat ons werk,
wil ons kennis, geloof en ons wysheid versterk.
Ons wil leer, ons wil speel, ons wil lewens hier deel,
ons is trots op ons land, op ons taal, op ons skool.
Daar’s ‘n toekoms wat wink, as ons self daaraan bou
Daar’s ‘n toekoms wat wink, as ons self daaraan bou.

2.

In oranje geloof onder hemel se blou.
In die wit van opregtheid word kennis gebou.
Dis ‘n skool in die stad wat die kennis bevat,
wat ons sterk maak om ons land op te bou.

Refrein.