Skooldrag

Ons pre-primêre fase dra elke dag gewone speelklere wat geskik is vir lekker speel, klim en klouter. Die laerskool en hoërskool en laerskool het voorgeskrewe drag wat verskil van mekaar en ook seisoenaal aangepas word. In die hoërskool word daar ook meer keuses toegelaat. Kontak asseblief ons kantoor vir meer besonderhede.

Vrydae word ‘n vergunning gemaak en dan mag almal Rateldrag aantrek. Dit bestaan uit die skool se informele gholfhemp wat gedra word met ‘n blou denim (laerskool en hoërskool) of ‘n stone-kleur chino kniebroek of langbroek (hoërskool).

Alle skoolklere kan aangekoop word by Maakpas, hulle is ook in Witpensstekelstertstraat, net aan die ander kant van die muur. Draai in Witpensstekelstertstraat vanuit Gouwsstraat (By ElnoArt-koffiewinkel), Maakpas is die laaste huis aan die linkerkant.

Telefoon: 072 592 7990
Epos: maakpas@absamail.co.za

Daar is ook heelwat tweedehandse klere in die klerebank beskikbaar, veral wat laerskoolklere betref. Aangesien hoërskoolkinders uitgegroei raak is hulle geneig om eerder klere op te dra as om daaruit te groei. Kontak die skoolkantoor om ‘n afspraak te maak om klere uit te soek.

Indien u enige probleme ervaar of algemene opmerkings het oor die kleredrag, kontak asseblief mnr Nico Basson.