Kommunikasie

Kommunikasie is vir ons ń baie belangrike saak! Daar is hoofsaaklik drie maniere waarop ons met ouers kommunikeer:

WhatsApp

Daar is WhatsApp-groepe vir elke klas. Die besonderhede oor hoe om by ń klas aan te sluit is in die dagboekie wat elke kind ontvang. Tik net die nodige internetadres op jou selfoon se webleser in en jy word by die groep gevoeg.

Die groepe is bedoel vir informele en onderlinge kommunikasie en word nie gebruik vir formele sake nie.

Google Classroom

Hierdie is die hoofsaak van ons kommunikasie en verskeie sake word hierdeur hanteer:

  • Omsendbriewe
  • Vinnige kommunikasie
  • Huiswerk
  • Boodskappe van die graadkoördineerders
  • Enige ander formele kommunikasie wat vanaf die skool kom.

Kliek hier om meer hieroor uit te vindLet wel: Hierdie funksie is baie belangrik en ouers moet asseblief aansluit. Indien nie gaan u beslis nie weet wat by die skool aangaan nie.

Karri

Karri is ń selfoontoepassing waarmee geld na die skool gestuur kan word. Geen meer gesoekery na ń geldjie net voor die skool begin nie! Maak Karri oop, maak die betaling en sake is afgehandel!

Kliek hier om meer hieroor uit te vind!

Facebook

Facebook is baie lekker om sommer net lekker dinge wat met en by die skool gebeur met ons skoolgemeenskap te deel. Maak seker jy Like ons en volg alles wat by die skool gebeur! Kliek hier om na Facebook te spring!

Indien u enige navrae het, kontak ons gerus by navrae@raslouwskool.co.za.