Google Classroom

By Hoërskool en Laerskool Raslouw word Google Classroom vir kommunikasie gebruik. Huiswerk en skoolnuus word so versprei en op die manier bly almal ingelig.

  • By Hoërskool Raslouw sluit die leerlinge aan as Students, met ander woorde, hulle is die hoofgebruiker en het dus nie enige dagboeke nie. Die ouers kan ń daaglikse of weeklikse opsomming per epos ontvang om te weet wat in die verskillende klasse gebeur.
  • By Laerskool Raslouw (Pre-Primêr ingesluit) sluit die ouers aan as Students en dus is hulle dan die hoofgebruiker. Leerlinge gaan voort om hulle huiswerk in hulle dagboeke aan te teken terwyl ouers ook ingelig bly.

Die onderstaande instruksies is gerig op ouers met kinders in Laerskool Raslouw.

Wat is nodig?

  • ń Rekenaar of slimfoon (Android of iOS) met ń internetkonneksie.
  • ń Gmail (Google Mail) rekening.
  • Die Google Classroom-toepassing.

Ons neem aan dat alle ouers ń selfoon gaan gebruik. Die volgende webadres mag egter gebruik word indien u die inligting op u rekenaar wil sien: https://classroom.google.com.

Sluit nou aan!

Volg asseblief die volgende stappe:

  1. Laai die Google Classroom toepassing af:
    Available on the Apple App Store Get it on Google Play

    Ons beveel aan dat Google Docs ook geïnstalleer word. Dit is nie noodsaaklik nie maar in sommige gevalle mag dit nodig word.

  2. Wanneer u die toepassing vir die eerste keer oopmaak word gevra of die ń onderwyser (Teacher) of leerling (Student) is. In hierdie geval is die keuse natuurlik ń leerling (Student).
  3. Sodra die intekening voltooi is word die volgende skerm vertoon:
  4. Kliek nou op die +-teken regs bo-aan die skerm. Die volgende skerm word nou vertoon:
  5. Tik nou die kode wat in Laerskool Raslouw se huiswerkboekie vertoon word hier in en jy sal outomaties in die regte klas gevoeg word. Indien u kinders in meer as een klas het, herhaal net die proses. In die voorbeeld hieronder is aangesluit by die Graad 7-klas.

So ja, jy is nou gereed om te weet wat in jou kind se skoollewe aangaan! Daar is nog baie om te ontdek in die stelsel, gesels dus met mekaar en help mekaar om so glad moontlik te werk!