Die To Do-lys, almal se vriend op Classroom!

Soos alle nuwe dinge is daar altyd maar iets nuut om te leer! Die belangrikste is sekerlik die To Do-lysie. Wanneer opdragte op Google Classroom geplaas word, word dit versteek tussen omsendbriewe, interessanthede en wat nog als! Dan plaas die onderwysers nie noodwendig die opdragte in die volgorde waarin dit voltooi moet word nie! Wat dan nog as iemand meer as een klas moet dophou omdat daar meer as een kind op skool is! Wel, vir alles is daar ń plan…

Let wel: Wanneer skermgrepe as voorbeeld vertoon word, word skerms van ń algemene Android-telefoon gebruik. Skerms op die web en byvoorbeeld iOS vertoon anders maar is tog soortgelyk! In sommige weergawes van Google Classroom word byvoorbeeld na die To Do-lysie verwys as Work. Die funksie is egter presies dieselfde.

  1. Die drie strepies links boaan die skerm is daar om verskillende opsies beskikbaar te maak, net soos ander toepassings op jou selfoon. Kliek daarop en jy kry al hierdie opsies:

    Kies nou die To do-opsie.
  2. Die volgende skerm gee nou ń eenvoudige lysie van opdragte wat voltooi moet word, mooi netjies per dag gesorteer:
  3. Om ń item van TO DO te skuif na DONE is baie maklik! Kies net die opdrag wat voltooi is en gebruik dan op die volgende skerm die MARK AS DONE-opsie.
  4. So ja, nou is hy geskuif na DONE!

Speel gerus rond met die verskillende opsies, daar is nog soveel meer wat ons kan doen om die lewe makliker te maak!