Karri – die maklike manier om geld na die skool te stuur!

Ons ken almal die frustrasie van geldjies wat gereeld skool toe gestuur moet word! Eerstens vergeet almal daarvan en onthou eers as dit te laat is… Waar moet ons nou geld vandaan kry? Tweedens sukkel die arme juffrou om tred te hou van al die geld wat iewers uit die bodem van die tas gehaal word en dan, op een of ander vreemde manier, ń opwagting op haar tafel maak. Wie het dit daar gesit? Waarvoor is dit?

Wel, sake het pas makliker geword met Karri, die selfoontoepassing wat alles vir ons bestuur! Die skool laat weet jou dat daar iets is waarvoor geld benodig word, jy kry die boodskap op jou foon en betaal dit ook op jou foon. Alles is afgehandel – heel gemaklik, is dit nie?

Nou wil jy seker weet: Moet ek my kredietkaart vir die transaksies gebruik? Soms is dit darem baie klein bedrae en ek is nie lus vir al die klein transaksies wat deur my kaart gaan nie. Wel, die antwoord is gelukkig Nee! Kredietkaarttransaksies is natuurlik welkom, maar daar is twee maniere om dinge makliker te maak:

  1. Betaal per internetbank
    i-Pay is ń baie gemaklike funksie om betalings te maak. Kies die instansie by wie jy bank en jy word aangestuur na die internetbankdiens van die betrokke bank. Teken in en die betaling word gemaak! Geen kaarte, geen probleem!
  2. Gebruik Karri se beursie
    Hierdie maak sake baie maklik! Betaal ń redelike bedrag oor in jou beursie en gebruik dit dan om vir die verskillende dinge by die skool te betaal. Een transaksie, baie toepassings – en dit is makliker as wat jy dink!

Hoe begin ek?

Die eerste stap is om Karri op jou selfoon te installeer.

Available on the Apple App Store Get it on Google Play

(Let wel: Al die skermgrepe hieronder is geneem in Afrikaans. Indien jy Karri se Engelse weergawe gebruik gaan dit noodwendig verskil van hierdie skerms.)

Wanneer jy dan die eerste keer Karri oopmaak, moet jy inteken:

Kies die Teken aan-opsie en gebruik die eposadres wat die skool gebruik om met jou te kommunikeer. Die eerste keer wat jy aanteken kan jy ń wagwoord kies. Die intekening word dan met ń epos bevestig, net om seker te maak dat jy werklik die persoon is wat aangeteken het.

As jy klaar ingeteken het sal die lys van items waarvoor jy nog moet betaal – vir al jou kinders in die skool – getoon word.

Let op die beursie se beskikbare balans in die regterkantste hoek boaan die skerm. Jy kan van hierdie skerm af die betaling maak of oorslaan, net soos dit jou pas. Sodra jy ń keuse gemaak het word die skool se rekords bygewerk. Dus weet almal nou wat aangaan en die saak is afgehandel!

Die ander belangrike skerm is jou persoonlike profiel:

Hier kan jy jou beursie aanvul, jou besonderhede verander, kies watter tipe boodskappe jy wil ontvang en selfs jou taalvoorkeur verander.

Indien jy enige navrae het, kontak ons gerus by navrae@raslouwskool.co.za, ons help graag!