‘n Borrelende persoonlikheid wat met wysheid lei: Arielle Graaff

“Great leaders find ways to communicate with their people and help them reach their potential.” Dit is die woorde waarmee Hoërskool Raslouw se heel eerste hoofmeisie haar inhuldigingstoespraak begin het. Vir almal wat Arielle ken, is hierdie aanhaling nie net leë woorde nie, maar ‘n verpersoonliking van wie sy as mens is.

Arielle het die vermoë om op ‘n sagte manier haar mede-studente tot deelname te inspireer. Sy neem entoesiasties deel aan alle skoolaktiwiteite, van akademie tot sport. Sy stel so ‘n waardige voorbeeld dat die ander dogters nie anders kan as om ook deel te neem nie.

Arielle se leergierigheid en borrelende geaardheid maak haar ewe geliefd onder onderwysers en maats. Haar stil leierskap is dan ook vroeër vanjaar bewys toe sy die eerste student by Hoërskool Raslouw geword het wat akademiese erekleure ontvang het – iets waarvoor sy konstant hard gewerk het die laaste drie jaar.

Voorwaar gaan sy nog diep spore in die geskiedenis van Hoërskool Raslouw trap!