Chané: Die onderhoof-meisie met die nagtegaalstem!

Chané tydens ‘n eksamen – voorbereid in elke opsig!

Pligsgetrou, hardwerkend, konsensieus en boonop ‘n stem soos ‘n engel… dit is Chané Basson, onder-hoofmeisie van Hoërskool Raslouw. Chané is ‘n uiters talentvolle en veelsydige student, wat doelgerig en passievol werk vir wat sy wil bereik. Sy droom groot, maar doen dan alles in haar vermoë om haar ideale te bereik.  Vir ‘n beter rolmodel kan niemand vra nie. Met haar sagte geaardheid en uitstekende organisatoriese vermoë,  vul sy haar mede-leiers uitmuntend aan. Hou hierdie meisie dop, sy gaan nog groot hoogtes bereik!

Op ‘n vraag oor hoekom sy graag sing is haar antwoord:

Musiek is die oomblik waar my fantasieë en die werklikheid bymekaarkom en ek dit met ander kan deel.

Hieronder is twee van haar liedjies wat opgeneem is. Deel saam in haar fantasiewêreld…

Chané deel graag – dit weet die hele skool uit ervaring. Haar omgee, haar liefde, haar warm persoonlikheid, soms selfs haar sjokolade wat sy gekoop het. Heel laaste deel sy ‘n stukkie wysheid uit die bekende Kung Fu Panda-films met ons:

Yesterday is history, tomorrow is a mystery and today is a gift. That’s why it’s called The Present.

Master Oogway