Trots! Daar is nie ander woorde nie…

Verlede jaar het ons graad 10-klas die heel eerste keer Cambridge se IGCSE-eksamen geskryf en ons was almal maar senuweeagtig! Nadat ons twee maande lank angstig moes wag en ons naels stomp afgekou het, het Cambridge pas die resultate van die IGCSE-eksamen bekend gemaak… en die vreugde-vure brand hoog!

Altesaam agt kandidate het die eksamen geskryf – ‘n reuse totaal van 36 vraestelle – en die uitslae lyk soos volg:

A* = 6
A = 6
B = 12
C = 5
D = 5
E = 2

Die top presteerders is soos volg:

Arielle Graaff
A* – English Literature
A* – Rekenaarwetenskap
A – English
A – Afrikaans
A – Chemie

Nian Vrey
B – Accounting
B – English
B – Wiskunde

Jaco De Waal
A – Wiskunde
A* – Rekenaarwetenskap
B – English

Markus Marais
A* – Rekenaarwetenskap
A – Afrikaans
B – English
B – Wiskunde
B – Fisiese Wetenskap

Benjamin Foster
B – Rekenaarwetenskap
B – English
B – Afrikaans

Jayden Coetzee
A* – English
B – Fisiese Wetenskap

Chane Basson
A – Fisiese Wetenskap
B – Afrikaans

Alexander Grobler
A* – Afrikaans

Baie geluk aan al die studente met hul uitsonderlike prestasies. Al jul harde werk is beloon met resultate waarop julle trots kan wees. Ons onderwysers bars uit ons nate van trots!