Ons netbaldogters se eerste span is aangewys!

Terwyl juffrou Elizna met kraamverlof is het een van ons ma’s, Heidi Ingram, ingespring en die afrigting van die hoërskooldogters se netbal behartig! Dit was hard en dit was vinnig maar dit was alles die moeite werd toe ons eerste span hierdie week aangekondig is!

Hulle is, vlnr: Doné Oschger, Ané de Ridder, Arielle Graaff, Chané Basson, Heidi Ingram, Sacha-Lee Smith, Gwendoline Gourley en Sonnika van der Dussen. Baie geluk julle, ons weet sommer julle gaan ons trots maak!

Tydens die bekendmaking van die span is die nuwe rokkies ook aan elke speler oorhandig – dit lyk nou werklik oulik! Ons sien uit na die wedstryde wat op pad is, dit gaan lekker wees!