ń Heerlike paar maande wat voorlê!

Hoërskool Raslouw skryf tans eksamen en soos almal weet, dit is ernstige sake! Graad 10 berei voor vir die Cambridge-eksamen wat einde van die jaar afgelê moet word en is dus nou eers halfpad deur ń eksamen wat vyf weke duur! Die ander grade het dit nie veel makliker nie… Soos ons altyd by die skool sê: Hoërskool Raslouw is baie rustig oor baie sake maar eksamen is ernstig!

Nou ja, te veel erns maak ook die siel onrustig en daarom is die belangrik om soms ń lekker uitlaatklep te hê. Ons hou ons dus ook besig met baie pret en baie styl! Wie sal die wonderlike eerste Gala-aand vergeet op Lentedag in 2017… Kyk net watter lekker dinge lê vir ons voor in die volgende paar maande.

As jy graag meer wil uitvind, kontak juf Riekie by rgreyling@raslouwskool.co.za.