Twee studente, twee heel verskillende eksamens!

Gedurende Junie 2018 het twee van Hoërskool Raslouw se studente Cambridge Assessment International Education se International General Certificate of Secondary Education se eksamens afgelê. Hulle was Benjamin Foster en Pieter van der Dussen en hulle doelwitte was geheel verskillend – nogal met presies dieselfde eksamen!

  • Ons het so ń rukkie gelede berig dat Benjamin ons skool se heel eerste skoolverlater is. Wel, die status het verander na ons skool se heel eerste matrikulant! Baie geluk Benjamin, ons is baie trots op jou!
  • Pieter het meer vakke as wat nodig is en daarom is daar besluit om vir hom spasie te skep om te fokus op die vakke wat hy nodig het vir verdere studie, eers nog by Hoërskool Raslouw wanneer hy volgende jaar voortgaan met die Advanced Subsidiary Level en dan, as hy die studie voltooi het en gebruik het ten einde toelating tot universiteite te kry, sy universiteitstudies. Pieter het dus in Junie drie vakke geskryf en sal in Oktober/November vanjaar nog ses vakke skryf. Die afgelope eksamens het uitstekend afgeloop met een A (Computer Science), een B (English First Language) en een C (Accounting) – ten minste het hy ook sy ABC onder die knie gekry!

Nou ja, ons is beslis trots op altwee hierdie studente en wens Benjamin ń geseënde en suksesvolle lewe na skool toe terwyl ons saam met Pieter hoop op net sulke goeie uitslae wanneer hy, saam met die res van die graad 10-klas, die IGCSE-eksamens aan die einde van die jaar aanpak!

Dit is nogal belangrik om op te let hoeveel opsie die Cambridge-program vir ń student skep. Dieselfde eksamen, in hierdie geval IGCSE, kan gebruik word vir skoolverlating of dit word gebruik as ń trappie vir verdere studie. Elke student vind dus die paadjie wat by hom pas en Hoërskool Raslouw pas gemaklik aan by elkeen se behoefte. Kontak ons gerus by navrae@raslouwskool.co.za om meer uit te vind!