Hoërskool Raslouw maak skoonskip met fotografie by die Centurion Kunstefees!

Christiaan, Doné en Dian wys hulle foto’s by die Centurion Kunsgallery.

So paar maande gelede luister juffrou Patricia na die graad 9s, hulle bespreek die foto’s wat hulle al geneem het. “Wel”, sê sy, “hoekom skryf julle nie van die foto’s in vir die Centurion Kunstefees nie?” So gesê, so gemaak! Die foto’s is op die ou end inderhaas gedruk en reg gekry en toe wag ons…

Wel, die wag was die moeite werd: Hulle het skoonskip gemaak!

  • Dian Audie kry die vierde plek met 82%.
  • Christiaan Buys verower die derde plek met 84%.
  • Doné Oschger verower die tweede plek met 86%.
  • Christiaan Buys se tweede foto is die kategoriewenner met 91%!

Baie geluk aan die drie studente, dit is voorwaar ń uitsonderlike prestasie! Ons is baie trots op julle.

Hier is die foto’s met die kommentaar daarby:

Christiaan se wenfoto!

Doné se foto wat die tweede plek behaal het.

Christiaan se foto wat die derde plek behaal het.

Dian se foto waarmee hy die vierde plek behaal het.