Hoërskool Raslouw lewer nog ń kategoriewenner by die Centurion Kunstefees

Jayden en Nicole lyk sommer baie trots op hulle sertifikate!

Sowaar, na die opgewondenheid waar ons die eerste vier plekke in geneem het in die fotografie-afdeling, het ons studente dit weer gedoen! Die keer het Jayden Mouton en Nicole Barnes as kategoriewenners uitgetree in die Dialoog-afdeling van die Centurion Kunstefees. Ons is sommer baie trots op hulle!

Die titel van die dialoog was Romeo & Juliet 2: Die hiernamaals en Jayden lewer as volg kommentaar:

Die dialoog is ń komedie oor wat met die twee karakters gebeur na Romeo homself vergiftig het en Juliet haarself doodgesteek het sodat sy by haar geliefde kan wees. Die hele dialoog toon aan dat die dood self soms nie genoeg is nie en dan selfs gestorwe pare argumente kan hê.

ń Dialoog moet iets beteken, kommentaar lewer op die gemeenskap om ons om aandag te trek en te behou. Uit my perspektief het die dialoog alles bevat om dit geloofwaardig te maak en ek is baie trots dat ek deel daarvan kan wees.

Nou ja, almal in Hoërskool Raslouw stem met hom saam…