Ons soepel gimnas vorder grasieus tot in die Noord-Gautengspan

Op Vrydag 2 Augustus 2019 neem Mikayla Claassen deel aan Noord-Gauteng se provinsiale kampioenskappe in gimnastiek, wel op Vlak 8. Vlak 9 is die vlak voordat die gimnaste die ope-afdeling aandurf – dit is die vlak waaraan sy volgende jaar wil deelneem.

Die soepel en vrolike meisie presteer uitsonderlik en stap met ń handvol medaljes weg!

Goud: Spronge
Silwer: Vloer
Brons: Balk en Brug

Algeheel verwerf sy die bronsmedalje. Sy word ook opgeneem in Noord-Gauteng Gimnastiekspan.

Hierdie besondere prestasie beteken dat sy aan die einde van September 2019 Kaapstad toe gaan om daar aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe deel te neem. Ons weet sommer dit sal goed gaan – dit is die meisie wat sy is!