Ons wil manne wees…

Hoërskool Raslouw het ń interessante periode op sy rooster: Identiteit. Elke jaar wonder almal, waarvoor is die periode? Wel, dit is presies wat dit sê: Ons gesels en werk saam oor ons identiteit, of dit nou persoonlik is, in die skool of selfs in die gemeenskap! Ons het al gekyk hoe reëls tot stand kom en toegepas word, hoekom daar reëls is en selfs, in die senior klasse, hoe reëls uiteindelik lei tot die totstandkoming van ń staatkundige bestel en regerings en wat elkeen van ons se rol in die bestel is.

Die afgelope week het Hoërskool Raslouw se seuns egter gesit en nuut gedink oor wat dit beteken om ń man te wees. Ons weet reeds dat ons nie reëls volg omdat ons bang is vir straf of groepsdruk nie, ons kom reëls na omdat ons innerlik oortuig is dat dit die regte ding is om te doen. Nou ja, dan is dit ook logies dat ons nie nog ń bladsy by Hoërskool Raslouw se reëls gaan voeg nie, ons het besluit om ń paar dinge na te streef, dinge wat ons na streef om mans te wees waarna mense opkyk. Mans wat leiding neem in hulle gemeenskap, mans waarop die gemeenskap kan trots wees.

Kyk nou saam met ons, ons volg selfs ons voorbeeld, en streef daarna om ń mens te wees wat ander mense na opkyk: