IGCSE bied geleenthede wat staatsonderwys tans nie doen nie…

Prof Martin Gustaffson, ń onderwysekonoom van die Universiteit van Stellenbosch, het verlede week ń lang bespreking oor die stand van Suid-Afrika se matriek op The Conversation gepubliseer. (Kliek hier om dit te lees.) Een van die baie belangrike punte wat hy maak is dat daar geen amptelike kwalifikasie is vir studente wat voor graad 12 die skool verlaat nie. Hierdie studente het tog nie niks geleer in hulle skoolloopbaan nie en het vaardighede wat nuttig in die ekonomie gebruik kan word.

Dit is hier waar ons Cambridge-aanbieding nogmaals ń voordeel bied: Ons het twee maniere om skool te verlaat en beide lewer ń tipe matriek: International General Certificate of Secondary Education (IGCSE) is ń skoolverlatingseksamen wat wel nie toegang tot universiteite bied nie, maar gee die student ń baie goeie basis om by enige kollege te studeer of selfs die werksmark te betree.

Advanced Subsidiary Level bied toegang tot universiteite maar is nie ń verpligting om skool te verlaat nie.

Lees nou weer hoe die die twee kwalifikasies werk en dink mooi oor jou kind se toekoms.