Cambridge-uitslae vir 2021 – ons sit die tradisie voort!

ń Jaar gelede het ons besonderlik fees gevier: Ons graad 10 klas van 2020 het 18 onderskeidings behaal in Cambridge se IGCSE-eksamen! Hierdie jaar het ons weer rede om fees te vier want die graad 10-klas van 2021 het nogmaals uitstekend presteer en ń totaal van 17 onderskeidings behaal, sewe daarvan as A* (vir ń A*-simbool is die vak se punt bo 90%).

Mikayla en Muriel laat klap die doppe om so bietjie fees te vier – gelukkig sonder enige alkohol…

Die top-student hierdie was Muriel Gourley wat ses onderskeidings behaal het, drie daarvan met ń A*-simbool:

  • Afrikaans, Fisika en Wiskunde behaal Muriel ń A*-simbool
  • Rekenaarwetenskap, Chemie en Geskiedenis behaal sy ń A-simbool.
Indien na vakke gekyk word is die opsomming so:
  • Afrikaans: 8 onderskeidings, 5 daarvan A*
  • Fisika: 3 onderskeidings, 1 daarvan A*
  • Wiskunde: 2 onderskeidings, 1 daarvan A*
  • Engels: 1 onderskeiding
  • Chemie: 1 onderskeiding
  • Geskiedenis: 1 onderskeiding
  • Rekenaarwetenskap: 1 onderskeiding

Hoërskool Raslouw, saam met Laerskool Raslouw, is sommer baie trots op hierdie agt studente! Een ding is verseker, Afrikaanse studente hoef vir niemand terug te staan net omdat die leermateriaal en eksamens in Engels plaasvind nie. Ons sien sommer reeds uit na 2022 se eksamens aan die einde van hierdie jaar.