Ons heel eerste studenteraad!

Hoërskool Raslouw het die afgelope Vrydagaand sy merieteaand gehou en tydens die aand is ons heel eerste studenteraad aangewys! Vier kinders het voor ons groot geword en die mooi jong mense, wat hulle vandag is, het ontluik.

Baie geluk aan die volgende studente:

  • Alexander Grobler – Hoofleier (middel)
  • Arielle Graaff – Hoofleier (middel)
  • Chané Basson – Onderhoofleier (links)
  • Jaco de Waal – Onderhoofleier (regs)

Aangesien ons Cambridge International Examinations volg moet ons dinge so bietjie anders doen as waaraan die gemeenskap gewoond is. In ‘n kind se matriekjaar is daar twee eksamensessies, een in Mei/Junie en een in Oktober/November. Dan is daar ook kinders wat ‘n program volg waar hulle reeds teen die einde van hulle graad 11-jaar die skool verlaat met ‘n matrieksertifikaat in die sak. Dus, hier by ons word die studenteraad gevorm uit die graad 11-klas.

Daar is ‘n groot verantwoordelikheid op enige skool se eerste studenteraad, juis omdat hulle die toon en aard gaan stel vir elke studenteraad wat volg. Ons weet sommer dat die vier studente ons baie trots gaan maak in die volgende jaar!

Nogmaals baie geluk aan elkeen van hulle!