Die prestasies by die Centurion Kunstefees spreek boekdele!

Ons studente het hierdie jaar by die Centurion Kunstefees besonder goed presteer! Hulle is net twintig kinders maar steeds het hulle wonderlike resultate gelewer en selfs twee kategoriewenners opgelewer! Voorwaar ‘n voorreg.

In totaal is vyf A, vier A+ en drie A++ simbole behaal, dit is nou behalwe vir al die B+ simbole wat behaal is. Kayla Haarhoff was die kategoriewenner vir Grade 9 Girls Poetry en Timo Coetzee vir sy Kitaarsolo. Aan die twee ‘n besondere gelukwensing, dit is werklik goeie prestasies.

Laastens, ‘n groot geluk en dankie aan juf Patricia wat almal onder hande geneem het en gesorg het dat elkeen betyds by sy items was, sonder haar was hierdie prestasies nie moontlik nie!

Volledige uitslae:

  • Nicole Barnes: Gr. 9 Meisies Voordrag = A; Group Drama = A++
  • Kayla van den Heever: Gr. 9 Meisies Voordrag = A; Gr. 9 Meisies Monoloog = B+; Group Drama A++
  • Chane Basson: Gr. 10 Meisies Voordrag = B+; Sang = A, A+ & A++
  • Kayla Haarhoff: Gr. 9 Girls Poetry = A+ en Kategoriewenner
  • Jayden Mouton: Gr. 9 Boys Poetry = A++, Group Drama = A++, Skilderkuns = B+
  • Pieter van der Dussen: Gr. 9 Boys Monologue = A
  • Arielle Graaff: Gr. 10 Girls Monologue = A+, Group Drama A++
  • Ansune Hess: Group Drama A++
  • Jaco de Waal: Kitaarsolo A
  • Timo Coetzee: Kitaarsolo A+ en Kategoriewenner