Hoekom juis Cambridge Assessment International Education?

Dit is ‘n baie goeie vraag! Die skool is Afrikaans, die onderwysers is Afrikaans, 95% van die studente is Afrikaans. Hoekom dan ‘n anderstalige kwalifikasie? Die antwoord is eenvoudig: Die gehalte en toepaslikheid van die Cambridge Assessment International Education -program. In Suid-Afrika kan dit nie meer ontken word nie dat die werksplek hoofsaaklik Engels is – ons studente kry ‘n groot voorsprong in die verband. Daarby word Cambridge Assessment International Education internasionaal erken, ook in Suid-Afrika.

Gereed vir die toekoms!

Cambridge se akademiese programme berei studente voor vir die toekoms, dit is daarop gemik om ‘n blywende nuuskierigheid en leergierigheid te skep. Daarby help dit studente om om kritiese leervaardighede te kweek: hulle word gelei tot selfvertroue, verantwoordelikheid, nadenke, innovering en betrokkenheid by hulle werk. Dus, hulle is gereed vir die vereiste vir die nuwe wêreld met die vermoë om ‘n beter wêreld te skep.

Daarom word Cambridge aanvaar as toegangskwalifikasie by die beste universiteite in verskillende lande: VSA, Verendigde Koninkryk, Australië, Duitsland en vele ander. Daarby publiseer Suid-Afrikaanse universiteite die toegangsvereistes vir Cambridge langs die vereiste met ‘n staatseksamen – volledige erkenning in ons eie land en daarbuite!

Kursusse wat uitdaag en inspireer

Elke student moet sy potensiaal kan bereik, ongeag sy belangstelling en vermoë. Cambridge bied ‘n baie wye vakkeuse aan en Hoërskool Raslouw het daaruit ‘n seleksie gemaak wat ons studente baat. Die kursusse se uitstaande kenmerk is dat studente opgewonde raak om te leer – die inhoud en die uitdaging wat gebied word bly vir hulle interessant. Kliek hier om die beskikbare vakke by Hoërskool Raslouw te sien.

Sleutelkonsepte word bemeester terwyl toepassing en insig ingeoefen word. Die buigbaarheid van die kursusse is ‘n verdere kenmerk en daar is minstens drie verskillende maniere waarmee ‘n matrieksertifikaat by Hoërskool Raslouw behaal kan word. ‘n Persoonlike program word dus vir elke individu uitgewerk.

Onderwys word ‘n stuk gereedskap vir die toekoms

In Cambridge word aan meer gebou as net vakkundige inhoud, daar word gebou aan hoër orde denkprosesse waar studente gelei word om die kennis wat hulle het, toe te pas. Probleme word op kreatiewe maniere opgelos deur goeie navorsing, onderlinge samewerking en kommunikasie.

‘n Wêreldberoemde kwalifikasie

Cambridge International Examinations word in meer as 190 lande aangebied en erken omdat dit studente oplewer wat voorbereid is vir die lewe na skool, ook wat tersiêre onderrig betref. Daarom werk Cambridge nou saam met universiteite, oa University of Cambridge, MIT en Harvard wanneer aanpassings gemaak word. Jou kind is dus verseker van ‘n relevante en moderne kwalifikasie.

| CONFIDENT | RESPONSIBLE | REFLECTIVE | INNOVATIVE | ENGAGED |