Boogskiet se Klub 50!

Boogskiet is ń baie gewilde sport by Hoërskool Raslouw en die skuts hou die vordering met hulle punte met valkoë dop! Doelwitte word gestel en wanneer die doelwitte bereik is word ń volgende doelwit gestel. Een van die groot doelwitte is om met ń rondte van vyf pyle ń voltal van vyftig punte te behaal. Hier die lysie van skuts wat die prestasie reeds bereik het:

Tydens kompetisies:

 

Op 20 Oktober 2018 het Sonnika van der Dussen die prestasie vir die derde keer in die jaar behaal. Dit was tydens die laaste been van die Copwatch Centurionliga.

Sonnika van der Dussen het op 4 Oktober 2018, tydens die NASP Nasionale Kampioenskappe naby Rustenburg, 50 behaal tydens die eerste rondte van die 3D-afdeling. Kyk net hou mooi lyk haar telkaart!

Sonnika van der Dussen het die mylpaal op 19 Mei 2018 behaal tydens Klub Inyathi se interskole kompetisie by Hoërskool Riebeeckrand.

Tydens oefeninge:

Fielde Kruger was die eerste van Hoërskool Raslouw se skuts wat hierdie prestasie behaal het. Dit het sy gedoen tydens ń oefening op 17 September 2017.

Op 30 Junie 2018 het Dian Audie hom by hierdie uitgelese groep skuts aangesluit. Baie geluk Dian!