Die skooldag

Hoërskool Raslouw se skooldag verloop bietjie anders as by meeste ander skole. Dit is ‘n mengsel van harde werk en baie pret en op die manier sorg ons dat ons kom waar ons moet, maar op so ‘n manier dat dit lekker is!

  • Elke oggend is daar ‘n kwartier vir opening met Bybelstudie en gebed asook verdere reëlings.
  • Sewe periodes van 45 minute elk volg dan. Die periodes word onderbreek deur twee pouses, een koffiebreek en ‘n middagete.
  • Soos genoem: Ons almal eet saam by die skool om 12:00. Dit is ‘n lekker tyd om saam te kuier en te ontspan voordat ons weer voortgaan met ons werk.
  • Om 14:00 is ons sportperiode. Ons is baie lief vir boogskiet maar doen ook baie ander sport soos krieket, ringtennis, netbal en verskillende atletiekitems.
  • 15:00 begin ons weer werk. Nou het ons ekstra klas, maak seker dat ons huiswerk gedoen is ensovoorts. Daar is geen verskoning om nie jou werk klaar te kry nie!

Deur die loop van die dag gebeur dit dat jy nie die vak het wat in die periode aangebied word nie. Nou gaan jy na die studieklas en doen wat in die studieklas hoort: Jou werk.

Heelwat anders as waaraan ons gewoond is, maar tog ‘n manier om jouself sommer vroeg te leer om onafhanklik te werk – en dit terwyl ‘n onderwyser altyd byderhand is!