Twee maniere om “matriek” te behaal

In Suid-Afrika het “matriek” ń baie belangrike kwalifikasie geword, baie min is moontlik daarsonder. Cambridge bied egter ekstra moontlikhede omdat daar twee skoolverlatingsmylpale is, elkeen met sy eie nut.

Hoërskool Raslouw bied ń unieke geleentheid aan Afrikaanse studente om ń internasionaal erkende kwalifikasie te behaal. En ja, ons kan plek maak vir elkeen se behoefte!

International General Certificate of Secondary Education (IGCSE)

Hierdie kwalifikasie word by ons in graad 8 tot 10 aangebied maar is reeds ń skoolverlatingskwalifikasie. Sommige studente kies om nog ń skooljaar by te voeg waartydens hiersieningswerk gedoen word, juis om die studente die geleentheid te gee om hulle punte te verbeter. Maar, die student kan skool met hierdie kwalifikasie verlaat.

Wat kan ek daarmee doen? Wel, meeste kolleges is nou oop vir jou, kyk na hierdie voorbeelde waar ons oudstudente te vind is:

  • Open Window
  • Centurion Akademie
  • SolTech

IGCSE bied dus uitstekende geleentheid aan studente wat nie universiteit toe gaan nie en daarby kan hulle boonop ń jaar of twee se tyd op die skoolbanke spaar!

Nota: Met redelike punte (minstens C en D-simbole) ag SAQA ń IGCSE-kwalifikasie gelykstaande aan NQF Vlak 4.

Advanced Subsidiary (AS) Level

AS Level studies word benodig vir universiteitstoelating. Studente wat beoog om na skool universiteit toe te gaan doen dus AS Level in graad 11 en 12. Sodra die AS Level uitslae ontvang word ry ons na die kantoor van Universiteite Suid-Afrika (USAf) en kry die amptelike universiteitsvrystellingsertifikaat daar. Hierdie sertifikaat verleen toegang tot al Suid-Afrika se universiteite alhoewel sekere studierigtings steeds hulle eie keuring mag vereis.

Ons weet uit ervaring en mondelingse mededelings dat universiteite tog voorkeur verleen aan studente met ń Cambridge-agtergrond. Raadpleeg gerus die betrokke universiteit se webblad vir meer inligting hieroor.

Hoërskool Raslouw het al verskeie kere bewys dat ons instaat is om studente tot uitstekende resultate te begelei in beide IGCSE (kliek hier) en AS Level (kliek hier) – ons Afrikaanse kinders hoef nie bang te wees vir die Engels nie, ons kan dit doen!

Gebruik gerus hierdie skakel om ons aanlyn prospektus deur te werk – daar is baie meer inligting oor Hoërskool Raslouw en ons aanbieding van Cambridge beskikbaar.

Kom gesels gerus met ons, ons sien uit daarna om almal te ontmoet!